ferdie
Uit Ferdie se Pen


 Die Here roep die lidmate van die SA Gemeente om “’n geestelike tuiste vir wêreldreisigers” te wees. Daarom glo ons ….
 

  • die kerk is ‘n familie
  • wat naby aan die Here lewe
  • en sy liefde met die wêreld deel!

 
Omdat ons ‘n familie is, doen ons baie moeite om mekaar beter te leer ken en saam ons geloof te beleef. Ons kuier graag in kleiner groepe en ons kinderbediening is vir ons baie belangrik.  Kliek hier vir ons weeklikse familienuus.

Omdat ons naby aan die Here lewe, woon ons gereeld die eredienste by; dit is en bly vir ons die primêre geleentheid waar ons die Here kan loof en dien. Ons lees ook graag saam Bybel en doen dit aan die hand van ‘n Bybelleesprogram waarvolgens ons die Bybel boek-vir-boek deurlees.

Omdat ons graag die Here se liefde wil deel, is ons by plaaslike sowel as internasionale projekte betrokke. Ons bly egter oortuig dat die heel beste manier om die liefde van die Here te deel, is daar waar gelowiges elke dag leef en werk.

Waarheen jou reise jou ookal mag neem, die SA Gemeente wil jou graag verwelkom en aanmoedig en jou help toerus om die Here se liefde te deel met almal wat jou pad kruis …..