Dankoffer 

Donate

 

"Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief." - 2 Kor 9:7.


Die SA Gemeente is afhanklik van die finansiële ondersteuning van lede om die werk van die Here hier op aarde voort te sit. Die kerk is ook geregistreer vir Gift-Aid en dit beteken dat ons die belasting wat jy op jou dankoffer betaal het, kan terug eis van die regering vir persone wat belasting betaal in the Verenigde Koningkryk (teen geen koste vir die persoon).  Jy kan die Gift-Aid vorm hier aflaai na jou rekenaar. Voltooi dit en stuur aan die kerk se tesourier, Marlene, by bank@sagemeente.com

 

Daar is verskeie maniere om 'n bydrae te maak:

 

1. In die kollektebord

 

Vul asb 'n Gift Aid koevert in en sit jou dankoffer in die koevert in die kollektebord by 'n diens.

 

2. Aftrekorder of 'n Direkte Inbetaling in ons bankrekening

 

'n Ander maklike manier is om 'n aftrekorder ("Standing Order") vir jou maandelikse dankoffer op jou bankrekening op te stel met ons bank besonderhede:
 

Bank: HSBC
Account name: SA Congregation
Sort code: 40-22-05
Rekening nommer: 91374265


Stuur asb 'n epos aan die kerk se tesourier, Marlene, by bank@sagemeente.com en spesifiseer:

  • die Bedrag

  • die Rede vir inbetaling bv Dankoffer, Gemeentekamp, Dankfees ens.

  • die Wyk - Guildford of Maidstone

  • jou Volle Naam en Geboortedatum (slegs nodig indien jy in die UK tax betaal en ons gift-aid mag terug eis)

  • jou Adres in die UK (slegs nodig indien jy in die UK tax betaal en ons gift-aid mag terug eis)


Ons het die inligting nodig om te sorg dat jou bydrae aan die regte wyk toegeken word en om giftaid op jou bydrae te eis.
 

3. Ander maniere vir elektroniese betalings

 

  • Jy kan ook deur Paypal betaal, kliek hier en volg die instruksies.  Sit aub 'n beskrywing in die nota sodat ons weet waarvoor dit is en sê ook vir watter wyk dit is.

  • 'n Selfoon SMS is ook 'n manier - stuur net die volgende kodes en die bedrag sal dan van jou selfoon rekening verhaal word:

    • Guildford wyk: £5 donasie - teks RSAG004 na 70970

    • Guildford wyk: £10 donasie - teks RSAG004 na 70191

    • Maidstone wyk: £5 donasie - teks RSAG005 na 70970

    • Maidstone wyk: £10 donasie - teks RSAG005 na 70191