Nuut by Ons?

 

Baie welkom!

 
Of jy nou nuut in Guildford en die groter omgewing (in die Suide van Engeland) is, of al jare lank hier woon, hoop ons om al jou vrae te beantwoord oor wie en wat ons is en waarin ons glo. Hieronder is 'n paar sleutelpunte wat jou daarmee kan help. Indien jy nog enige ander vrae het, kontak ons gerus onder ons Kontak Ons bladsy.
 

Wie is ons?


Ons is een van die drie SA Gemeente Wyke (Londen/Maidstone-, Noord- en Suidwyk) in die Verenigde Koningkryk met predikante vir elkeen van die wyke. Kliek hier vir meer inligting oor ons organisasie, die ander wyke en bedieningspunte.


Wanneer & waar is ons eredienste?


Ons hou elke 2e en 4e Sondag van die maand om 10:00 erediens by Kings College, Guildford. 

Die adres is:
Kings College,
Southway,
Guildford
GU2 8DU - Google Maps
 

Wat kan ek verwag as ek daar aankom?


Aan die begin van die erediens word gevra of nuwe mense teenwoordig is. Indien jy nog nie deur iemand ontmoet is voor die erediens nie, sal ons verwelkomingspan na die erediens met jou kontak maak en al die nodige inligting asook Suidwyk se jaarlikse kalender aan jou voorsien. 

Aan die begin van die erediens word daar spesiaal tyd vir ons kinders ingeruim waarna hulle na hul klassies gaan. Ons tieners ontmoet ook apart nadat hulle die begin van die erediens bygewoon het.

Na die Erediens, kuier ons saam in die Cyber Café met koffie, tee en koekies waartydens jy ook ander lidmate kan ontmoet.


Is daar 'n spesifieke 'dresscode'?


Glad nie!!! Wees net jouself en dra die klere waarin jy gemaklik voel.
 

Word daar voorsiening gemaak vir kinders?


Definitief! Ons kinderbediening sluit alle ouderdomme in. Vra gerus ons verwelkomingspan vir meer inligting hieroor.

Veiligheid van ons kinders is ons eerste prioriteit, daarom is die aanbieders van ons kinderbediening almal CRB-geregistreer - Kliek hier vir meer inligting daaroor.
 

Kan ek Engels-sprekende vriende saamnooi?


Inderdaad! Al ons eredienste is wel in Afrikaans, maar ons het 'n vertalingspan wat die hele erediens na Engels vertaal. Engelsprekende gaste kan by die deure oorfone kry waarmee hulle dan na die erediens in Engels kan luister. 

Ons poog ook om in ons eredienste beide Afrikaans en Engelse liedjies te sing. 
 

Sal ek lidmaat van die gemeente moet word?


Natuurlik is jy meer as welkom om lidmaat van ons gemeente te word, maar jy is onder geen verpligting nie! Voel vry om net waar te neem en deel te neem soos wat dit vir jou gemaklik voel.