'n Geestelike tuiste vir wêreldreisigers ...

by SA Gemeente Guildford
“Ek mis my familie!!”
Ons ken almal die gevoel van alleen wees, ver weg van jou mense af. Ons het vir jou goeie nuus …. in die suide van Engeland is daar ‘n gemeente waar mense jou graag wil verwelkom as deel van ‘n eiesoortige familie.
Ons geloofsfamilie woon wyd verspreid oor die suide van Engeland. Ons is ongeveer 700 lidmate en woon by 240 adresse van Richmond tot Dover en van Swindon tot Weymouth. Ons is geseënd met baie kinders en jongmense – meer as 200 onder 18 jaar!
Elke 2de en 4de Sondag doen ons moeite en ry ver (sommige tot 2 ure) om by die erediens in Guildford te kom. Gelukkig is die toegangsroetes kerk toe maklik. Elke eerste Sondag van die maand hou ons ook erediens by Sutton Valence (naby Maidstone in Kent).
Ons fokus op :
-
Eredienste & Bybellees
-
Kinderbediening & Kleingroepe
-
Gemeenskapsprojekte & Persoonlike getuienis
Onthou Jesus se woorde toe Hy met sy volgelinge gepraat het:
“Daar is my moeder en my broers! Elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is, die is my broer en my suster en my moeder.” - Matt 12:49