
Wie is ons?
By SA Gemeente glo ons dat geloof nie 'n Sondag-aktiwiteit is nie, maar 'n lewens-netwerk, 'n dinamiese beweging waar mense verbind, groei en saam leef as deel van God se groter storie. Dis 'n netwerk waar jou lewe sin kry, jou geloof vlerke kry, en jou gesin deel word van iets wat groter is as onsself.
Die SA Gemeente Suidwyk is 'n protestante kerk met meeste van die lidmate, oorspronklik vanaf Suid Afrika, wat nou in die suide van Engeland bly. Ons is een van drie SA Gemeente wyke en het bedieningspunte regoor Engeland (kliek hier vir die web tuiste van die groter SA Gemeente). Die SA Gemeente is 'n geregistreerde "charity" in Engeland en Wallis (Charity number: 1151071).
Ons leraar is Dr. Sebastiaan Van Dyk en eredienste word gehou in Afrikaans met lewendige Engelse vertaling.
Wanneer & waar is ons eredienste?
Elke 2e en 4e Sondag van die maand om 10h00 by:
Kings College
Southway
Guildford GU2 8DU
Is daar 'n spesifieke "dresscode" by ons eredienste?
Glad nie! Wees net jouself en dra die klere waarin jy gemaklik voel.
Word daar voorsiening gemaak vir kinders en tieners?
Definitief! Ons kinderbediening sluit alle ouderdomme in. Veiligheid van ons kinders en tieners is ons eerste prioriteit, daarom is die aanbieders van ons kinder- en jeugbediening almal CRB-geregistreer - kliek hier vir meer inligting daaroor en vir ons "Child Protection Policy" - kliek hier.
Kan ek Engels-sprekende vriende saamnooi?
Inderdaad! Al ons eredienste is wel in Afrikaans, maar ons het 'n vertalingspan wat die hele erediens na Engels vertaal. Engelsprekende gaste kan by die deure oorfone kry waarmee hulle dan na die erediens in Engels kan luister. Ons poog ook om in ons eredienste beide Afrikaans en Engelse liedjies te sing.
Sal ek lidmaat van die gemeente moet word?
Natuurlik is jy meer as welkom om lidmaat van ons gemeente te word, maar jy is onder geen verpligting nie! Voel vry om net waar te neem en deel te neem soos wat dit vir jou gemaklik voel.
Indien jy nog enige ander vrae het, kontak ons gerus.
Ebert Spreeth, 18/05/2017