Bedieninge

Ons het baie lede in een liggaam, en die lede het nie almal dieselfde funksie nie. Net so is ons, al is ons baie, in Christus een liggaam, en almal afsonderlik lede van mekaar. Ons het genadegawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het. As dit die gawe van profesie is, laat ons dit gebruik in ooreenstemming met die geloof wat ons bely. As dit is om te dien, laat ons dien. As dit is om onderrig te gee, laat ons onderrig gee. As dit is om mense te bemoedig, laat ons hulle bemoedig. As ons gee, laat dit sonder bybedoelings wees. As ons leiding gee, dan met toewyding. As ons ander help, dan met blymoedigheid.   (Romeine 12:4-8)
 

Die Here vra van ons elkeen om ons gawes te gebruik.  Nie een van ons het dieselfde kombinasie van gawes nie, so ons elkeen het ’n unieke plekkie in die liggaam van die kerk. Hier waar ons nie ’n kerkgebou het nie, en die saal elke Sondag van vooraf opgestel moet word is dit duidelik dat ons nie sonder almal se hulp kan funksioneer nie. Alles vanaf stoele uitpak, tot parkering aandui tot geld tel, tot kinderkerk gee of tee skink en nog vele meer!  Sonder die mense wat hul gawes in hierdie bedieninge gebruik, sou 'n erediens op Sondae nie moontlik gewees het nie. En dan is daar ook nog nie bedieninge wat apart staan van die eredienste, soos Gebed, Funksies en meer.  Hier is 'n lys van al die geleenthede om te help en jou gawes te gebruik:
  • Eredienste
    • Blomme
    • Kollekte
    • Klank
    • Lokaal voorbereiding

    • Musiekgroep
    • Nagmaal
    • Nuwe Mense
    • Parkering
    • Projektor (Multimedia)

    • Vertaling
    • Video opname
  • Finansies
  • Funksies
  • Gebed
  • IT
  • Kinderbedieninge
  • Tienerbediening
  • Kruismosaiek
  • Sending
     
Indien jy belangstel om by een van die bogenoemde bedieninge te help, of selfs as jy 'n nuwe bediening wil begin, stuur aub 'n epos na suidwyk@sagemeente.com