Meer oor ons

 

Wie is ons?


Die SA Gemeente Suidwyk is 'n protestante kerk met meeste van die lidmate, oorspronklik vanaf Suid Afrika, wat nou in die suide van Engeland bly.  Ons is een van drie SA Gemeente wyke en het bedieningspunte regoor Engeland (kliek hier vir meer inligting oor die groter SA Gemeente). Die SA Gemeente is 'n geregistreerde "charity" in Engeland en Wallis (Charity number: 1151071).

Ons leraar is Dr. Sebastiaan Van Dyk en eredienste word gehou in Afrikaans met lewendige Engelse vertaling.  

Ons glo die kerk is ‘n familie (tuiste) wat naby die Here lewe (geestelike) en sy liefde met die wêreld deel (wêreldreisigers).
 

  • By SA Gemeente is ons verhouding met die Here vir ons die heel belangrikste. As kerk word ons uitgedaag om baie naby aan die Here te leef, om vanuit ons verhouding met die Here dieper te groei in ons geloof in Hom.  Vir hierdie geloofsvorming is ons eredienste en kinderbediening geweldig belangrik.
  • By SA Gemeente is ons kerk-familie vir ons baie belangrik. Ons is mekaar se naaste familie in die VK en het ‘n verantwoordlikheid om vir mekaar te bid, mekaar te ondersteun, maar ook mekaar uit te daag en aanspreeklik te hou. Ons bevorder hierdie geloofsgemeenskap deur 'n verskeidenheid kleingroepe en ander vorme van pastorale versorging.
  • Ons glo dat die Here SA Gemeente met ‘n spesifieke opdrag hier in die VK geplaas het. Ons het ‘n verantwoordelikheid teenoor die wêreld waarin ons leef en moet getuies wees op alle moontlike maniere. As gemeente is ons betrokke by ‘n groot verskeidenheid uitreikaksies binne en buite die VK en ons daag voortdurend lidmate uit om getroue getuies te wees.Ons is een van die drie SA Gemeente Wyke (Londen/Maidstone-, Noord- en Suidwyk) in die Verenigde Koningkryk met predikante vir elkeen van die wyke. Kliek hier vir meer inligting oor ons organisasie, die ander wyke en bedieningspunte.


Wanneer & waar is ons eredienste?


Ons hou elke 2e en 4e Sondag van die maand om 10h00

Die adres is:
Kings College,
Southway,
Guildford GU2 8DU - Google Maps

 

Is daar 'n spesifieke "dresscode" by ons eredienste?


Glad nie! Wees net jouself en dra die klere waarin jy gemaklik voel.
 

Word daar voorsiening gemaak vir kinders en tieners?


Definitief! Ons kinderbediening sluit alle ouderdomme in. Veiligheid van ons kinders en tieners is ons eerste prioriteit, daarom is die aanbieders van ons kinder- en jeugbediening almal CRB-geregistreer - Kliek hier vir meer inligting daaroor.
 

Kan ek Engels-sprekende vriende saamnooi?


Inderdaad! Al ons eredienste is wel in Afrikaans, maar ons het 'n vertalingspan wat die hele erediens na Engels vertaal. Engelsprekende gaste kan by die deure oorfone kry waarmee hulle dan na die erediens in Engels kan luister. Ons poog ook om in ons eredienste beide Afrikaans en Engelse liedjies te sing. 
 

Sal ek lidmaat van die gemeente moet word?


Natuurlik is jy meer as welkom om lidmaat van ons gemeente te word, maar jy is onder geen verpligting nie! Voel vry om net waar te neem en deel te neem soos wat dit vir jou gemaklik voel.
 
Indien jy nog enige ander vrae het, kontak ons gerus.