Dankoffer
"Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief." - 2 Kor 9:7.
SA Gemeente, as 'n "registered charity" in die VK (charity number: 1151071), laat ons toe om Gift-Aid by die HMRC te eis - 25% van alle bydraes waar ons 'n Gift-Aid vorm van die bydraer (as 'n VK belastingbetaler) het. Die kos die bydraer niks en geen voordeel word verloor nie. Op jou persoonlike belastingopgawe (Tax reliefs - Charitable Giving) kan jy alle bydraes aan Charities toon wat dan met jou belastingberekening in aanmerking geneem word. Ons benodig slegs jou Gift-Aid vorm wat jy hier kan aflaai na jou rekenaar. Stuur die voltooide vorm aub na bank@sagemeente.com.
Die kerk is afhanklik van die lidmate om die werk van die Here hier op aarde voort te sit en daar is verskillende maniere om 'n finansiële bydrae te maak:
1. In die kollektebord by die erediens
Vul aub 'n Gift Aid koevert en sit jou dankoffer in die koevert in die kollektebord by 'n diens.
2. Aftrekorder of 'n Direkte Inbetaling in ons bankrekening
'n Ander maklike manier is om 'n aftrekorder ("Standing Order") vir jou maandelikse dankoffer op jou bankrekening op te stel met ons bank besonderhede:
Bank: HSBC
Account name: SA Congregation
Sort code: 40-22-05
Rekening nommer: 91374265
Direkte inbetalings kan ook gemaak word vir Dankoffers asook ander redes soos Gemeentekampe, Gemeente Aksies ens. Stuur asb 'n epos aan die kerk se tesourier by bank@sagemeente.com en spesifiseer:
-
die Bedrag
-
die Rede vir inbetaling bv Dankoffer, Gemeentekamp, Dankfees ens.
-
die Wyk - Suidwyk
-
jou Volle Naam en Geboortedatum (slegs nodig indien jy in die VK tax betaal en ons Gift-aid mag terug eis)
-
jou Adres in die UK (slegs nodig indien jy in die UK tax betaal en ons gift-aid mag terug eis)
Ons het die inligting nodig om te sorg dat jou bydrae aan die regte wyk toegeken word en om giftaid op jou bydrae te eis.
3. PayPal
Maak 'n bydrae by: Paypal.me/SAGemeente Sit aub 'n beskrywing "Suidwyk " in die nota sodat ons weet vir watter wyk dit is. Of, Scan die QR Code en maak 'n bydrae:

4. SMS
SMS net die volgende kodes en die bedrag sal dan van jou selfoon rekening verhaal word: