Franse Kinder Evangelisasie (CEF)
Suidwyk ondersteun vir Johan en Rita Bloemhof wat al vir 25 jaar lank evangelisasie werk onder die kinders van Frankryk doen. Hulle is tans koördineerders vir die onbereikte streke waarna C.E.F Frankryk poog om uit te brei. Hulle huidige fokus is Normandië waarvoor Suidwyk as 'gebeds-sendelinge' optree. Daar is ook gereelde uitreik aksies wat onder die leiding van Christopher en Sunet Booysen, in samewerking met Johan en Rita, deur die jaar plaasvind. Dit gee gemeentelede dan ook die geleentheid om 'n fisiese bydra te lewer.
Hulle het ook 'n webwerf wat spesifiek gemik is op kinders, gaan kyk gerus by www.wondersurf.com |
 |